SAOG: Wit Zim-boere mag aanhou boer
2010-07-16 15:30
Windhoek – ‘n Tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het bepaal dat twee wit, Zimbabwiese boere mag voortgaan met hul boerdery in dié land.
Dié uitspraak is in teenstelling met ‘n hof in Zimbabwe se beslissing.
“Die aansoek deur die boere Fick en Michael Campbell word toegestaan aangesien die Zimbabwiese regering nie aan ‘n vorige bevel van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) voldoen het nie,” het regter Jamu Mutambo gesê.
Die tribunaal het ook bepaal dat die boere die kwessie tydens die volgende SAOG-spitskonferensie na vore kan bring.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP