SA vredebewaarders ontvoer
2010-04-14 20:03
Khartoum – Vier Suid-Afrikaanse vredebewaarders, wat saam met die Verenigde Nasies en Afrika Unie se gesamentlike vredesmag (Unamid) in Darfoer gewerk het, is ontvoer.
Die vier Unamid-polisiemanne wat Sondag vermis geraak het was naby Nyala in suidelike Darfoer aangehou en hul motor is weggeneem, het Nouredine Mezni, ‘n woordvoerder, aan AFP gesê.
Volgens Mezni het niemand al verantwoordelikheid vir die ontvoering aanvaar nie.
‘n Krisisgroep is glo saam met die Soedannese owerhede opgestel om dié voorval op te volg.
- Sapa-AFP