SA skenk R2m aan Libiese vlugtelinge
2011-04-05 17:04
Pretoria - Suid-Afrika het R2 miljoen aan die Verenigde Nasies se Hoë Kommissie vir Vlugtelinge geskenk om sodoende vlugtelinge uit Libië te help, het Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, gesê.
Nkoana-Mashabane het tydens die aankondiging gesê sy hoop vir ‘n vredevolle oplossing vir die geweld in Libië.
Sy het ook versoek dat Navo sy aanvalle moet stop en ‘n afvaardiging van die Afrika Unie moet toelaat om Libië te besoek en saam na ‘n oplossing te soek.
“Om te stem vir ‘n geen-vlieg-sone was bedoel om die burgers te beskerm en moet net dit wees. Dit was nooit bedoel om ‘n hervorming van die regeing te ondersteun nie.”
Sy het gesê dat die hervorming in Libië vredevol gedoen moet word en deur die Libiese mense self.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA