SA-minister se konvooi in DRK aangeval
2011-11-28 10:53
Kinshasa – Lindiwe Sisulu, die Suid-Afrikaanse minister van verdediging, se konvooi is die afgelope naweek met klippe bestook in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), berig Business Day.
Sisulu het die DRK besoek voor Maandag se parlementêre en presidensiële verkiesings.
Business Day het berig dat Sisulu se konvooi Saterdag op pad na Kinshasa se internasionale lughawe aangeval is.
Bene M’Poko, die DRK se gesant in Suid-Afrika, het die aanval bevestig en gesê die konvooi is ook deur lede van die opposisieparty gedreig.
Twee mense is tydens die verkiesingsveldtog dood.
Joseph Kabila, die DRK se president sedert 2001, ding mee vir ‘n nuwe vyf jaar lange termyn.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA