SA huursoldate in Libië ‘betrokke by iets omvangryk’

2011-11-04 08:15
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Simon Mann, die baasbrein agter die mislukte staatsgreep in Ekwatoriaal-Guinee in 2004, meen verskeie van die Suid-Afrikaners wat in dié poging betrokke was, word ook met die ontvlugtingspoging van Muammar Gaddafi verbind.

Van dié Suid-Afrikaners beskerm glo tans Gaddafi se seun, Saif al-Islam, wat op die vlug geslaan het. Meer as twee weke ná Gaddafi se dood is daar egter steeds geen duidelikheid oor die omvang van Suid-Afrikaanse huursoldate se betrokkenheid by sy mislukte ontsnappingspoging nie.

Nog minder is daar feite beskikbaar oor wat presies met die groep van minstens 20 Suid-Afrikaners gebeur het.

“Die storie oor die Suid-Afrikaanse ouens in Libië gaan aan, met verdere bevestiging dat daar iets veel meer omvangryk aan die gang is,” het Mann getwiet.

Hy het ook vandeesweek getwiet dat van die mans glo “weens veiligheidsoorwegings” op aparte plekke aangehou word. Saam met hulle is ook ’n aantal Oekraïense huursoldate. Een van die aanhoudingsplekke is vermoedelik die Matiga-militêre basis sowat 5 km van Tripoli se middestad.

Human Rights Watch het onlangs in ’n verslag beswaar aangeteken oor die onmenslike behandeling van huursoldate wat in Matiga aangehou word.

Dr. Abdalla Alzubedi, voormalige Libiese ambassadeur in Suid-Afrika en tans die Nasionale Oorgangsraad in Libië se verteenwoordiger in Suid-Afrika, het Donderdag gesê die situasie met die huursoldate is “baie verwarrend”.

Hy probeer sy bes om uit te vind wat aangaan en waar die mans aangehou word, indien wel.“Gaddafi het baie geld gehad en dit sou nie vir hom ’n probleem gewees het om mense van oor die wêreld te kry om hom op te pas nie.

“Ek sal nie verbaas wees as daar huursoldate van verskeie lande by sy en sy familie se beskerming betrokke was nie.”

Volgens Alzubedi is dit veral belangrik om Al-Islam op te spoor – nie net omdat die internasionale strafhof ’n lasbrief vir hom uitgereik het nie, maar omdat hy die stabiliteit van Libië kan bedreig.

“Ek glo hy het baie geld en bates van sy pa by hom en ek glo daar is genoeg dat hy onrus in die land kan aanstook solank hy op vrye voet is.”

Mann het getwiet daar is glo ’n (Hercules) C-130-vragvliegtuig vol dollars uit Libië geneem om vir die huursoldate te betaal. Hy sou graag binne die bepalings van die land se wette wou help om enige van sy makkers wat in Libië in die moeilikheid is, te gaan uithelp. Hy het ontken hy het vroeër daarvan geweet.

Albie Laubscher, waarnemende hoof van konsulêre dienste by die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het Donderdag gesê die departement het geen inligting nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Shake It! 1.6 5-dr
2007
R 137,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TFSi Sportline DSG
2006
R 229,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.