SA-fotograaf in Libië gyselaar geneem

2011-04-07 23:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Anton Hammerl, ‘n Suid-Afrikaanse fotograaf wat by The Star gewerk het, is in Libië gyselaar geneem deur Muammar Gaddafi se magte, het die GlobalPost-nuuswebwerf Donderdag berig.

Hammerl is saam met drie ander buitelandse joernaliste gyselaar geneem toe hulle in die buitewyke van Brega gewerk het.

Peter Bouckaert, die direkteur van noodgevalle by die menseregte-organisasie Human Rights Watch, het Donderdagoggend gesê die joernaliste is Dinsdagaand ontvoer.

Bouckaert het sy inligting gekry deur ‘n e-pos van die New York Times-verslaggewer CJ Chivers, wat op die toneel was.

“Ooggetuies het gesê die bussie waarin onder meer die joernalis James Foley gereis het, is voorgekeer. Gaddafi se magte het die joernaliste gyselaar geneem en die bussie se bestuurder vrygelaat.

“Saam met Foley het die magte vermoedelik ook vir Clare Morgana Gillis, ‘n Amerikaanse vryskut-verslaggewer, ‘n Spaanse fotograaf en Anton Hammerl, ‘n Suid-Afrikaanse fotograaf, gyselaar geneem.

“Dit is onbekend waar hulle hulself op die oomblik bevind.

“’n Versoek is aan die Libiese kantoor vir buitelandse media gerig om die joernaliste vry te laat. Ons doen ‘n beroep op die Libiese owerhede om die joernaliste onmiddellik en ongedeerd vry te laat.”

Die organisasie Verslaggewers Sonder Grense het gesê hy het by ‘n “betroubare bron” geleer dat vier joernaliste – ‘n Suid-Afrikaner, twee Amerikaners en ‘n Spanjaard – sedert 4 April vermis word.

Drie joernaliste van Al-Jazeera wat in Maart in hegtenis geneem is, word steeds deur Gaddafi se magte aangehou.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Shake It! 1.6 5-dr
2007
R 137,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TFSi Sportline DSG
2006
R 229,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.