SA boere vat pad na Kongo

2011-11-28 16:06
Tweets Share Share line Print

Windhoek – 'n Groep Suid-Afrikaanse boere is met ‘n trek plaasimplemente en huishoudelike ware na die Republiek van die Kongo onderweg om kommersieel daar te gaan boer, het die Republikein berig.

Die reisgeselskap bestaan in totaal uit 16 mense.

“Hierdie is die eerste groep wat vertrek. Altesaam 40 gesinne sal as deel van die projek na die Kongo verhuis om daar te gaan boer. Nie almal sal permanent gaan nie; die wat net deeltyds gaan, sal tussen Suid-Afrika en die Kongo pendel,” het Wynand du Toit, leier van die groep, Saterdag op ’n kleinhoewe by Brakwater, gesê.

Die konvooi bestaan uit sowat vier vragmotors en vyf viertrekbakkies met sleepwaens en karavane wat na Oshikango vertrek het.

Du Toit het ’n huishoudelike naam in Suid-Afrikaanse militêre geskiedenis geword toe hy in 1985 tydens ’n sending in Angola gevange geneem en vir 837 dae aangehou is.

Hy en sy groep sal na verwagting Maandag die grens na Angola vanuit Namibië oorsteek, wat ook afstandgewys die middelpunt van hul reis van 5 500 km sal wees.

Hierna sal hulle vir tien dae deur Angola reis voordat hulle drie dae deur die Demokratiese Republiek van Kongo se suidpunt sal trek en daarna vir twee dae deur die Republiek van Kabinda sal reis voordat hulle in die Kongo aankom.

– Lees die volledige artikel op die Republikein.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

Lees meer oor: kongo  |  landbou  |  boere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Shake It! 1.6 5-dr
2007
R 137,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TFSi Sportline DSG
2006
R 229,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.