SA boer vermis in Botswana

2011-10-07 07:06
Tweets Share Share line Print

Pretoria – ’n Boer van Badfontein, buite Lydenburg, is al sowat drie weke lank in die Chobe-natuurreservaat in Botswana vermis nadat hy gaan hulp soek het nadat sy Land Rover in ’n sandbank vasgeval het.

Soekgeselskappe in Botswana soek nog elke dag na John Bullen (80) nadat hy op 14 September sy vrou, Lorraine (78), by sy voertuig gelos het en met ’n byl, 5 liter water, ’n sakkie kos en ’n GPS geloop het om hulp te kry.

“Ons hoop en bid en glo dat hulle iewers iets van hom sal kry. Al is dit sy oorskot, want dit is baie erg om nie te weet,” het Estelle Bullen, sy skoondogter, Donderdag gesê.

Mev. Bullen sr. het vyf dae lank in die Land Rover gebly voordat Nederlandse toeriste, wat nes hulle verdwaal het, haar gevind het.

Christopher Mbulawa, polisiewoordvoerder in Botswana, het bevestig dat mnr. Bullen nog nie gevind is nie, maar dat die soektog voortgaan.

Die Bullen-egpaar het op 11 September vir ’n tien dae lange vakansie na Botswana vertrek.

Op 13 September het hulle na die Chobe-natuurreservaat gegaan waar hulle die aand in die Savuti-kamp sou oornag. Op pad na dié kamp het hulle besluit om na ’n ander kamp te gaan waar hulle jare gelede oorgeslaap het. Toe hulle daar kom, was die kamp egter gesluit. Plaaslike mense het die egpaar aangeraai om ’n kortpad tot by die volgende kamp te volg.

“Hulle het gery en in ’n stadium het my ma gesê die pad lei na nêrens en dat hulle moet omdraai. Dit is toe wat hulle in die sand van ’n droë rivierbedding vasgeval het,” het Bullen gesê.

“Hulle het probeer om uit die sand te kom, maar niks het gewerk nie en niemand het daar verbygekom wat hulle kon help nie.

“Die volgende middag (Woensdag) laat het my pa besluit om hulp te gaan soek. Hy het vir my ma gesê as hulle daar bly sit, sal hulle albei doodgaan, want niemand het hulle gekry nie. Dit het amper só gebeur.”

Volgens Bullen het haar skoonma in die voertuig bly sit. Toe Nederlandse toeriste, wat ook die plaaslike mense by die kamp se raad gevolg het, mev. Bullen sr. Maandagmiddag vind, was sy op haar laaste 500 ml-bottel water. Die toeriste het die Land Rover uit die sand gesleep waarna hulle mev. Bullen sr. na ’n nabygeleë militêre basis gevat het.

Soekgeselskappe van Botswana se weermag, polisie, teen-stropingseenheid en natuurbewaring is ontplooi om na mnr. Bullen te soek. Voetpatrollies is gedoen sowel as ’n soektog vanuit die lug.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: botswana

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Shake It! 1.6 5-dr
2007
R 137,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TFSi Sportline DSG
2006
R 229,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.