SA-boer in Zim aangerand

2010-01-05 07:40
Tweets Share Share line Print

Sarel van der Walt

Johannesburg - ’n Suid-Afrikaanse boer, sy vrou en hul seun is op hul plaas in Zimbabwe se oostelike hooglande deur plaasbesetters aangerand.

Van die plaasbesetters het Dolf du Toit (66), sy vrou, Alida (61), en hul seun, Rudolph (38), Sondagaand aangeval.

Die Du Toits is lig beseer en Maandag deur ’n dokter behandel.

“Ek is in my maag geskop, in die gesig geslaan en my een vinger het seergekry. Ek sou dood gewees het as my man nie sy pistool gaan haal het nie,” het Alida Du Toit gesê terwyl hulle Maandagaand vroeg op pad was terug plaas toe ná die doktersbesoek.

Die Du Toit-plaas is in die Nyazura-distrik, sowat halfpad tussen Harare en Mutari in die ooste van die land.

“My man is ook teen die kop geslaan, maar is gelukkig nie ernstig beseer nie,” het Alida vertel.

Volgens haar het die plaasbesetters Saterdag opgedaag en geëis dat die plaas oorhandig word aan die “ware eienaar” – ene brig. Innocent Chiganze van die Zimbabwiese lugmag.

Die Du Toits het geweier om pad te gee en Dolf Du Toit het tot in ’n stadium ’n waarskuwingskoot geskiet.

“Die res van die dag het hulle slagspreuke geskree, maar was andersins rustig.

“Die volgende dag het Chiganze met ’n groep van sowat 20 mense op die plaas opgedaag. Hy het geskree: ‘Verlaat die plaas of sterf!’ ”

Drie van die besetters het later deur die veiligheidsheining gekom en die Du Toit-egpaar aangerand.

Hul seun is nie beseer nie en het sy pa gehelp om die aanvallers met ’n voertuig te verjaag.

Hulle het ’n paar waarskuwingskote geskiet en die aanvallers het gevlug.

Die Du Toits het gesê hulle het gesukkel om die polisie op die plaas te kry.

Deon Theron, president van die Commercial Farmers’ Union of Zimbabwe, het uit Harare gesê prof. Mlungisi Makalima, Suid-Afrika se ambassadeur in Harare, het ook deurentyd probeer om die Zimbabwiese polisie te oorreed om in te gryp. “Die ambassadeur (Makalima) het ook die lyne warm gebel Suid-Afrika toe,” het Theron gesê.

Alida Du Toit het gesê Makalima het Maandagoggend gebel om te hoor of alles rustig is.

Theron het gesê berigte dat die Zimbabwiese weermag ontplooi is om sowat 152 van die oorblywende 300 kommersiële (hoofsaaklik wit) boere van hul plase te verdryf, is onwaar. Dit is wel duidelik dat senior regeringslui agter die jongste vlaag van besettings is en die polisie huiwerig is om daarteen op te tree, het hy gesê.

Die besettings kom weke nadat Suid-Afrika en Zimbabwe ’n handelsooreenkoms onderteken het wat Suid-Afrikaanse boere die reg gee om op vergoeding aan te dring as hul grond onwettig oorgeneem word.

- Beeld

Lees meer oor: zimbabwe  |  plaasaanvalle

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Shake It! 1.6 5-dr
2007
R 137,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TFSi Sportline DSG
2006
R 229,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.