S-Soedan: 58 dood tydens gevegte oor vee
2011-08-22 14:48
Juba – Ten minste 58 mense is in Suid-Soedan dood toe gevegte tussen stamme oor vee uitgebreek het, het ‘n woordvoerder van die Verenigde Nasies in Juba gesê.
Etniese stamme in Suid-Soedan baklei al jare lank oor vee. Die hoeveelheid sterftes word egter al meer sedert die einde van die burgeroorlog.
Ontleders reken Suid-Soedan, wat op 9 Julie onafhanklik geword het, sal misluk as hy nie die opstande wat sy stamme verdeel, kan beheer nie.
‘n VN-woordvoerder het gesê dat gewelddadige gevegte Donderdag tussen die Murle- en Lou Nuer-stamme uitgebreek het.
“Daar was sowat 28 slagoffers op een plek en 30 op ‘n ander. Daar was ook talle hutte wat afgebrand is,” het die woordvoerder gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters