Rwandese opposisiebeampte verdwyn
2011-10-21 23:12
Nairobi – ‘n Topbeampte van Rwanda se hoofopposisie-party het verdwyn nadat hy deur veiligheidsbeamptes aangeval is, het die party Vrydag in ‘n verklaring gesê.
"Sylvain Sibomana, die waarnemende sekretaris-generaal van die FDU, het verdwyn,” het die party gesê.
“Ons het met hom op sy selfoon gepraat toe hy deur veiligheidspersoneel vir onbekende redes aangeval is en na ‘n onbekende plek geneem is.”
Die FDU het gesê dat dit Donderdagmiddag laaste met Sibomana kontak gehad het. Hy was in die Rubavu-omgewing in die Westelike provinsie van Rwanda gewees.
“Alle pogings om hom in polisie- of weermagaanhouding te vind, is te vergeefs,” het hy gesê.
Die FDU het gesê dat die nasionale polisie vir hulle gesê het om die saak met die plaaslike polisie te bespreek.
Die party, wat pres. Pail Kagame van intimidasie beskuldig, word nie deur Rwandese owerhede erken nie. Volgens die owerhede het die party nie die nodige stappe geneem om te registreer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP