Rwandese Hutu-rebelle dood 26 in DRK
2012-01-05 09:37
Kinshasa – Minstens 26 mense is dood en 13 is tot dusver hierdie jaar tydens twee aanvalle deur Rwandese Hutu-rebelle in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongob beseer, het ‘n beampte van die weermag Woensdag gesê.
Die aanvalle word op die FDLR-rebelle blameer en het op 1 en 3 Januarie in die Shabunda-omgewing in die Sud Kivu-provinsie plaasgevind.
“In die eerste aanval is Luyuyu geteiken. Agtien burgerlikes is dood en ses huise is afgebrand,” het kol. Sylvain Ekenge, ‘n militêre woordvoerder, gesê.
“Die tweede aanval het in Ngolombe plaasgevind en daar is agt mense dood.”
Altesaam 13 mense is tydens die twee voorvalle beseer, het hy gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP