Rwanda begin projek om vigs te bekamp
2010-11-14 05:50
Kigali – Rwanda beplan om oor die volgende twee jaar twee-miljoen mans te besny in 'n reuse poging om vigs te bekamp.
Die hoof van die land se vigs-kommissie, Anita Asiimwe, sê navorsing het getoon dat besnyding help in die bestryding van Vigs in lande soos Suid-Afrika en Uganda.
Sy sê Rwanda het die geld vir die veldtog, maar moet die kundigheid ontwikkel.
Die Wêreldfonds vir die bestryding van vigs sal oor die volgende drie jaar byna drie miljard rand aan Rwanda gee vir die projek.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter