Rwanda: Oud-presidentsvrou nie uitgelewer nie
2011-09-29 08:14
Parys – ‘n Franse appèlhof het 'n aansoek deur Rwandese owerhede verwerp om Agathe Habyarimana, die weduwee van 'n voormalige president wie se dood aanleiding gegee het tot die menseslagting van 1994, uit te lewer, het RSG berig.
Habyarimana, wat reeds vir langer as 15 jaar in Frankryk woon, word daarvan beskuldig dat sy betrokke was by die beplanning van die menseslagting.
Franse regslui het die aansoek teengestaan en gesê die akte van beskuldiging is te vaag.
Die Rwandese regering het gesê hy respekteer die uitspraak en hoop dat Habyarimana nou in 'n Franse hof verhoor kan word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG