Rusland weier om rebelle te erken
2011-07-18 17:28
Moskou – Rusland het Maandag gesê hy beplan nie om die Nasionale Oorgangsraad as Libië se amptelike owerheid te aanvaar nie, maar eerder as ‘n formele onderhandelingsvennoot.
Sergei Lavrov, die Russiese minister van buitelandse sake, het gesê dat die erkenning wat Westerse moondhede en plaaslike owerhede die Oorgangsraad gee ten koste van Muammar Gaddafi se regime in Tripoli, gelykstaande is aan die kies van kante tydens ‘n burgeroorlog.
“Ons deel om een rede nie daardie posisie nie – dit beteken dat dié wat so erkenning gee, ten volle aan een kant van ‘n politieke burgeroorlog staan,” het Lavrov gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP