Rusland: 'Versoening is onvermydelik in Libië'
2011-05-23 22:59
Moskou - Sergei Lavrov, die Russiese minister van buitelandse sake, sou Maandag lede van die Libiese rebellemag ontmoet terwyl Moskou homself as ‘n bemiddelaar wil aanstel om die konflik in die land uit te stryk.
Lavrov het gesê dat hy vergaderings met Abdel-Rahman Shalgam, ‘n verteenwoordiger van die Nasionale oorgangsraad (NOR), gaan hê. Shalgam is ‘n voormalige lid van Muammar Gaddafi se regering wat na die rebelle oorgeloop het.
Dié vergadering is gehou minder as ‘n week nadat Rusland een van Gaddafi se bondgenote gehuisves het.
Dit dui ook aan hoe Moskou besig is om te onderhandel dat die Westerse magte hulself onttrek.
Rusland het die Westerse ingryping as oorbodig beskryf en meen dit oortree internasionale wetgewing.
“Ons wil hê daar moet ‘n onmiddellike einde aan die bloedvergieting en die militêre aktiwiteite gebring word,” het Lavrov gesê.
“Ons is oortuig daarvan dat ‘n wapenstilstand, versoening, dialoog en ‘n ooreenkoms onvermydelik is. Dit is hoe dinge moet eindig. Hoe gouer hoe beter.”
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP