Rugby help jonges om Libiese stryd te vergeet

2011-11-01 08:03
Tweets Share Share line Print

Benghazi – Die era ná die dood van kol. Muammar Gaddafi sal na verwagting meebring dat Libië se klein groepie rugbyspelers hul geliefde sport met nuwe vryheid kan beoefen.

Die afgelope naweek het die eerste klompie jong manne – sommige pas terug van die front waar hulle die laaste paar maande teen Gaddafi se vegters oorlog gemaak het – aangetree om te begin oefen.

Benghazi, tradisioneel die hoofstad van die opposisie in die land, was ook jare lank die hoofstad van die enkele rugbyklubs.

Die Gaddafi-regime het egter van sokker gehou en rugby het aan die agterspeen gesuig.

Vroeër vanjaar het een van die opposisiemagte se spesmagte skaam-skaam ’n groepie Suid-Afrikaanse joernaliste by ’n hospitaal in Adjabia genader kort nadat die burgeroorlog in die land uitgebreek het. In gebroke Engels het hy die groepie laat verstaan dat hy ’n groot bewonderaar van die Springbokke is en self ook rugby speel.

Swaar gewapen en in die swart uniform van die spesmagte het hy allermins soos ’n rugbyspeler gelyk, maar hy het vertel dat klubrugby in die ooste van die land springlewendig is.

Hy het agtsteman vir sy klub in Benghazi gespeel en gedink Victor Matfield en Bakkies Botha is ongelooflike spelers.

Die spanne het egter maar noustrop getrek, want die regering het die meeste van die geld vir sport vir die bevordering van sokker gegee.

Die soldaat het ’n Springbok-ondersteunersmussie en ’n Suid-Afrikaanse lapelwapen van die groep gekry.

Rugby gaan egter nou meer as net ’n sport wees, het Thair el-Heri, wat Benghazi se rugbyklubs vyf jaar gelede tot stand gebring het, die naweek gesê.

Dit moet nou die jeugvegters van die oorlog laat vergeet en hulle help met die verwerking van die trauma van makkers wat gesterf het.

El-Heri meen dis juis die dissipline en onverskrokkenheid wat sy rugbyspelers deur die beoefening van hul spel opgebou het wat van hulle goeie soldate gemaak het. “Die Libiërs is van nature goeie vegters en ons het dit pas bewys. Nou sal ons dié eienskap terugkanaliseer in rugby. Die jeug het nou sport nodig om hulle weer rigting te gee.”

In die bouvallige stadion in Benghazi het El-Heri sy spelers begin dril. Nuuskierige jong mense het gaan kyk en later begin saamspeel.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: libië  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Invoice Clerk

Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R5000 - R5500

Procurement Administrator - Port Elizabeth

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Research and Information capturer - Port Elizabeth

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S80 T6 AT
1996
R 40,000.00

VOLKSWAGEN

Golf Cabriolet 2.0 MY95
1999
R 82,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.