Rooi Kruis, WGO staan nou slagoffers by

2011-05-21 09:44
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Minstens 17 000 mense woon steeds in tentedorpe in die noorde van Namibië sedert vanjaar se vloede mense se lewe in dié streek erg ontwrig het.

Die ergste skade is reeds in Maart aangerig, maar ’n lang, swaar reënseisoen het veroorsaak dat die gebiede wat die ergste geraak is, moeilik bereikbaar was.

Die Namibiese Rooi Kruis was Vrydag huiwerig om ’n amptelike raming te gee van die aantal mense wat deur vloede geraak is, maar het gesê tot 130 000 mense kan straks langtermyn-bystand nodig hê.

Dorkas Kapembe-Haiduwa, sekretaris-generaal van dié organisasie, het gesê hulle behoort binne die volgende week meer akkurate besonderhede te hê.

“Die organisasie het nou ’n amptelike mandaat om die regering by te staan met die bestuur van tentedorpe.

“Ons eerste prioriteit is om die verskillende gebiede te besoek en met ’n registrasieproses in die kampe te begin,” het sy gesê.

“Ons wil ook seker maak die nodige gemeenskapstrukture funksioneer binne die kampe, sodat mense se lewe sover moontlik kan voortgaan soos dit was voor die vloede.”

Benewens hierdie planne, het die Rooi Kruis kragte saamgesnoer met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) om te verseker siektes versprei nie binne die kampe nie.

“Ons het nog nie ’n krisis nie, maar werk nou daaraan om enige moontlike probleme te voorkom.”

Dr. Magda Robalo, die WGO se verteenwoordiger in Namibië, het in ’n verklaring gesê sowat 10% van gesondheidsdienste is heeltemal onbereikbaar omdat paaie onder water is.

“Hoewel die watervlakke daal, verteenwoordig stilstaande water, onvoldoende sanitasiedienste en ’n gebrek aan toegang tot veilige drinkwater steeds risiko’s wat die verspreiding van siektes betref,” het sy gesê.

“Daar is steeds toenemend ’n behoefte vir die gebruik van insekdoder, muskietnette en voeding vir kinders onder vyf jaar oud, swanger vroue, bejaardes en ander mense wie se immuunstelsel verswak is.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: rooi kruis  |  namibië  |  vloede

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S80 T6 AT
1996
R 40,000.00

VOLKSWAGEN

Golf Cabriolet 2.0 MY95
1999
R 82,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.