Resultate van Egiptiese verkiesing nog nie gereed
2011-12-01 20:01
Kaïro – Egipte se verkiesingskommissie het aangekondig
dat hulle nog nie die resultate van die land se eerste demokratiese verkiesing
ná Mubarak se uittrede kan bekendmaak nie.
Volgens die kommissie is die stemme nog nie
klaar getel nie.
Hulle sou aanvanklik die resultate Woensdagaand
bekendmaak en het dit eers na Donderdagoggend aangeskuif.
Die hoof-verkiesingsamptenaar, Abdel Moez
Ibrahim, het aangekondig die resultate sal Vrydag gereed wees.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP