Reksprong loop skeef vir Aussie

2012-01-09 07:00
Tweets Share Share line Print

Harare – ’n Australiese vrou het ’n reksprong in Zimbabwe oorleef toe die koord gebreek en sy in die Zambesi-rivier geval het.

Erin Laung Worth (22) het die reksprong op Oujaarsdag van die Victoria-watervalbrug gedoen.

Die brug staan 110 m bo die rivier, op die grens van Zimbabwe en Zambië.

In beeldmateriaal van haar sprong kan gesien word hoe die koord ongeveer 25 m bo die watervlak breek en Worth in die water val.

“Dit het swart geword,” het Worth aan Australië se Channel 9 News gesê. “Toe ek bykom, het dit gevoel of ek oral op my lyf geslaan is.”

Die temperatuur van die yskoue rivierwater het gehelp om haar by te bring.

Sy is stroom af na versnellings in die rivier gesleur.

’n Stuk van die koord wat aan haar voete vas was, het aan rotse onder die water vasgehaak en haar onder die water ingetrek.

“Ek moes self onder die water swem en die koord gaan losmaak,” het Worth vertel.

Sy kon dit regkry om na rotse naby die oewer te swem, waarna mense haar uit die water gehelp het.

Sy is aanvanklik op haar rug laat lê en kon weens die baie water wat sy reeds gesluk het nie asemhaal nie.

“Hulle het my toe op my sy gedraai, waarna ek water en bloed gehoes het.”

Komm. Brenda Muntemba van die polisie in Zambië het aan die Post Zambia gesê Worth is by die Victoria Falls-kliniek in Zimbabwe behandel voordat sy na Suid-Afrika geneem is.

Sy was ’n week in die hospitaal.

Hoewel sy kneusplekke oor haar hele lyf opgedoen het, het Worth geen ernstige beserings opgedoen nie.

“Dit is ’n wonderwerk dat ek oorleef het,” het sy verklaar.



– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis die vrees ja. My arme kleinkinders wat nog gebore moet word. Hopelik dink hul ouers daaraan om maar die land te verlaat en erens in 'n ander Westerse, Eerstewereldse land hul heil te gaan soek. Hartverskeurend vir ouers ja, maar reg en goed vir die kinders, dink ek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

ASP .Net Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S80 T6 AT
1996
R 40,000.00

VOLKSWAGEN

Golf Cabriolet 2.0 MY95
1999
R 82,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.