Regter sleep Bennett hof toe
2010-09-29 01:03
Harare – ‘n Regter aan die hooggeregshof in Harare sal Roy Bennett, een van Morgan Tsvangirai se bondgenote, vir 1 miljoen dollars dagvaar vir aanmerkings wat Bennett glo oor die regter gemaak.
Bennett (53) word sedert hy by Tsvangirai se MDC aangesluit het aanhoudend deur owerhede wat eerbiedig aan pres. Robert Mugabe is, geteister.
Hierdie aanmerkings is glo tydens Bennett se veroor op klagtes van hoogverraad en terrorisme vroeër vanjaar gemaak.
Chinembiri Bhunu het Bennett in Mei vanjaar van die klagtes vrygespreek nadat hy vir agt maande verhoor was. Die staat het sy vryspraak appelleer.
Bhunu meen nou mediaverklarings wat Bennett tydens die verhoor gemaak het, het voorgestel dat hy nie regverdig teenoor Bennett sal wees nie. Hy dagvaar hom daarom vir naamskending.
Die dagvaardiging, wat Vrydag by die hooggeregshof ingehandig is, meen Benett het gesê dat Bhunu “se objektiwiteit as ‘n regter totaal en al betwyfel kan word” omdat hy self ‘n plaas wat van ‘n voormalige wit boer afgeneem is, gegee is.
- SAPA