Registrasie van kiesers begin in Soedan
2010-11-15 18:46
Kaapstad - Die langverwagte registrasie van kiesers in Soedan het begin ter voorbereiding van die referendum oor die Suide se moontlike onafhanklikheid van die Noorde.
Ongeveer vyf miljoen Soedanese sal waarskynlik in die verkiesing stem.
Die Verenigde Nasies het egter gewaarsku dat daar logistieke probleme kan wees. Die registrasieproses is maande lank vertraag, weens 'n geskil tussen die Noorde en Suide wat nie oor sekere kwessies kon saamstem nie.
Benad Benjamini, Suid-Soedan se minister van inligting, sê daar is veral kommer oor die registrasie van Suid-Soedanese wat in die Noorde woon.
Hy sê enige vorm van verkiesingsknoeiery sal die vrede in Soedan bedreig.
- Vir die volledige storie besoek RSG.
- Volg Nuus24 op Twitter.