Regerende party wen in Botswana
2009-10-17 20:01
Gaborone - Pres. Ian Khama van Botswana se regerende party het 'n oorwinning met 29 setels in die parlementêre verkiesing behaal .
"Ons is weer die nuwe regering. Ons het 29 setels," het Langston Motsete van Botswana Demokratiese Party (BDP) aan die nuusagentskap AFP gesê.
Dié party se oorwinning kom ná die uitslae 35 van die 57 parlementêre setels verklaar is.
Die party het 29 van die 35 setels gewen. Die ander ses setels is tussen die opposisiepartye verdeel.
– Sapa-AFP