Reën val van hoek tot kant
2010-01-19 12:27
Windhoek - Terwyl die Hardapdam byna sewentig persent vol is, is die Nautedam se sluise vir die tweede maal die afgelope week oopgetrek.
Terselfdetyd is inwoners wat langs die Kavangorivier woon gewaarsku dat hulle na hoër grond moet beweeg sodat ’n ramp voorkom kan word. ’n Totaal van 11,07 miljoen kubieke meter water is reeds uit die Nautedam gelaat nadat die sluise vir die tweede maal oopgetrek is.
Dit is bykans die helfte van Windhoek se jaarlikse watergebruik, met Windhoekers wat jaarliks sowat 21 miljoen kubieke meter water gebruik.
Kliek hier vir die volledige artikel.
-Die Republikein ONLINE