Rebelle val Tripoli binne
2011-08-21 22:38
Tripoli – Die Libiese rebelle het Tripoli binnegeval en beweeg na die middestad, met byna geen weerstand deur Muammar Gaddafi se magte nie, berig Sky News.
Die rebelle se konvooi is slegs enkele kilometers van die middestad, met inwoners van Tripoli wat uit hul huise gestroom het om die rebelle te bedank. ‘n Feestelike atmosfeer heers onder die rebelle.
Hoewel Gaddafi vroeër Sondag laat blyk het hy en sy magte sal nie ingee nie, het die rebelle nog geen weerstand ondervind in hul opmars na die middestad nie.
Lees meer by Sky News.