Darfoer: Rebelle hoop op politieke oplossing

2011-12-28 21:04
Tweets Share Share line Print

Darfoer – 'n Nuwe rebelle-alliansie wat 'n stryd voer teen Soedan se president Omar al-Bashir wil 'n politieke oplossing vir die voortslepende konflik in die land vind, maar glo nie die regering stel daarin belang om te onderhandel nie, het een van die rebelleleiers aan die nuusagentskap AFP gesê.

"Die konflik word verdiep deur die regering van die Nasionale Kongresparty, dié mense beskerm hulleself," het Minni Minnawi, die hoof van 'n faksie in die Soedan-bevrydingsmag (SLA) in Darfoer, gesê.

Minnawi het met AFP gepraat kort voor die dit aan die lig gekom het dat Khalil Ibrahim, hoof van die geregtigheid-en-gelykheidsbeweging, die grootste gewapende mag in Darfoer, gedood is in 'n aanval deur regeringsmagte.

Die impak van Ibrahim se dood op die alliansie is nie duidelik nie. Die totstandkoming van dié alliansie van rebellegroepe in November bekommer die internasionale gemeenskap egter, en Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die VN, het die alliansie onlangs veroordeel.

Die alliansie het dit duidelik gemaak dat sy doel is om Bashir uit die kussings te lig.

"Hierdie alliansie se prioriteit is om 'n politieke oplossing voor te stel – hoe om die identiteit van Soedan te herdefinieer om die diversiteit van sy mense te weerspieël en hoe om die land te bevry van die wense van een groep mense en een godsdiens," het Minnawi gesê.

Die alliansie beywer hom onder andere vir 'n nuwe grondwet wat "magsdeling en die verantwoordelike deel van welvaart" tot gevolg sal hê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... Penelope, jy moet daarom besef, Suid-Afrika is in die proses om 'n provinsie van Sjina te word... Een van die dae sal Mandaryns ook as 'n skoolvat bygevoeg word ... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Strong Mid-Level Java Developers - R300K - Randburg

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R250000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S80 T6 AT
1996
R 40,000.00

VOLKSWAGEN

Golf Cabriolet 2.0 MY95
1999
R 82,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.