Rebelle in Ethiopië vermoor 94 soldate
2010-05-20 02:02
Addis Ababa – Die Ethiopiese regering het Woensdag bevestig dat rebelle ‘n weermagbasis vyf dae voor hul nasionale verkiesing aangeval het.
Nasionale Ogaden-bevrydingsfront (ONLF), wat die area van Ogaden en die etniese Somaliese bevolking daarvan self wil beheer, het gesê dat hulle die stad van Malqaqa gevange gehou het en 94 soldate vermoor het.
Volgens Shimeles Kemal, ‘n woordvoerder vir die regering, het die verdedigingsmag die aanval oorwin en al die rebelse magte doodgemaak.
- Reuters
Volg Nuus24 op Twitter.