Rebelle blameer Gaddafi vir ontploffing
2011-06-02 09:05
Benghazi - Die Libiese rebelle-administrasie het ‘n groot motorbomontploffing Woensdag in Benghazi op magte lojaal teenoor Muammar Gaddafi blameer.
“Hierdie terroristedaad bewys weereens die onverantwoordelike en kriminele aard van Gaddafi se regime,” het Abdul Jalil, die voorsitter van die Nasionale Oorgangsraad, in ‘n verklaring gesê.
Die bom het ‘n groot hotel in die rebelle se hoofstad in die ooste van die land geruk en daar was geen slagoffers nie, het die polisie gesê.
“Geen terroristedaad kan die pad na vrede, demokrasie en menseregte in Libië meer stop nie. Dit is deur die mense van Libië gekies en word deur die internasionale gemeenskap ondersteun,” het Jalil gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP