R12 miljoen vir Gaddafi, lewend of dood
2011-08-24 18:30
Tripoli – Die Libiese rebelle het gesê hulle sal 2 mijoen dinar (sowat R12 mijoen) betaal as iemand kol. Muammar Gaddafi – dood of lewendig – na hulle bring, het die hoof van die Nasionale Oorgangsraad (NOR) Woensdag gesê.
“Die NOR ondersteun die inisiatief van besigheidsmanne wat bereid is om 2 miljoen dinar te betaal vir die vang van Muammar Gaddafi, dood of lewendig,” het Mustafa Abdel Jalil in Tripoli gesê.
Die rebelle het Dinsdag Gaddafi se kamp in Tripoli bestorm en oorgeneem. Daar was egter geen teken van Gaddafi nie en niemand weet waar hy hom bevind nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP