Pyplyn tussen Egipte en Israel opgeblaas
2011-11-25 15:08
Kaïro – Gewapende mans met maskers het Vrydag ‘n pyplyn wat gas van Egipte na Israel lei, opgeblaas, het die amptelike Mena-nuusagentskap berig.
Dit is die agtste soortgelyke geval hierdie jaar.
Die saboteurs het plofstof onder die pyplyn, sowat 60 km wes van El-Arish in die noorde van die Sinai-skiereiland, geplant voordat hulle gevlug het, het ooggetuies gesê.
Daar was weens instandhoudingswerk wat aan die pyp gedoen is ten tyde van die ontploffing, geen gas in die pyplyn nie.
Niemand is in die voorval beseer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP