Privaat koerante staak teen mediawet
2009-07-20 15:31
Niamey, Niger – Privaat koerante hier is op ‘n eenweek staking uit protes teen ‘n streng mediawet.
Boubacar Diallo, hoof van dié land se vereniging vir onafhanklike redakteurs, het gesê geen privaat koerant sal dié week publiseer nie.
“Dié staking is uit protes teen ‘n presidensiële wet wat die hoof van komminikasie in die regering toelaat om sonder waarskuwing mediahuise te sluit wat ‘n bedreiging is vir sekerheid of openbare orde.”
President Mamadou Tandja het vroeër vandeesmaand dié wet ingestel.
Tandja het voorheen onder skoot gekom omdat hy dié land se hoogste hof ontbind het nadat hy geweier het om die land se grondwet te verander.
Dié wysiging in die grondwet sou hom toelaat om vir ‘n derde termyn te dien.
Die land sal op 4 Augustus vir ‘n nuwe grondwet stem.
SAPA