Nigeriese pres regeer Facebook
2010-10-03 03:00
Kaapstad – Goodluck Jonathan, president van Nigerië, het bewys dat hy ook die president van Facebook is.
Jonathan, wat meer as 246 000 aanhangers op dié sosiale netwerk het, het meer Facebook-aanhangers as wat die Britse premier David Cameron, die Duitse kanselier Angela Merkel en die Suid-Afrikaanse staatshoof Jacob Zuma gekombineerd het.
Sedert Jonathan sy profiel in Junie geskep het, gaan daar amper nie ‘n dag verby wat hy nie iets nuuts opsit nie.
Daar word beweer dat Jonathan dié nuwe inskrywings self skryf.
Sy inskrywings handel oor huidige nuusgebeurtenisse, regeringsbeleide en die komende verkiesings.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.