President van Guinea-Bissau sterf
2012-01-09 21:00
Parys – Die leier van die Wes-Afrika republiek van Guinea-Bissau, president Malam Bacai Sanha, is in ‘n Franse hospitaal in Parys oorlede, het ‘n Franse regeringsamptenaar Maandag gesê.
Die 64-jarige is aan die einde van verlede maand by die Val de Grace militêre-hospitaal opgeneem, het hy gesê.
Dit is nog nie bekend watter siekte hy gehad het nie, maar volgens die amptenaar was hy “vir ‘n geruime tyd in ‘n koma”.
Die presidensie in Bissau het die leier se sterfte bevestig.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP