Pous voel goed oor Afrika
2011-11-23 21:06
Vatikaanstad – Pous Benedictus XVI het Woensdag na sy besoek aan Benin Afrikane aangemoedig om “die toekoms in hulle hande te neem” en dat die mensdom net kan baat by die “lewenskragtigheid” van Afrika.
“Die besoek het my met ‘n sterk, positiewe indruk gelaat,” het die pous in Vatikaanstad gesê. Die besoek was vir hom ‘n “emosionele ondervinding van geloof.”
“Met God se hulp, kan Afrika die uitdagings van versoening, geregtigheid en vrede oorwin.”
Afrikane moet “hoop saai in elke mens en kerklike situasie en moet die toekoms in hulle hande neem.”
Die pous het Sondag na Vatikaanstad teruggekeer na ‘n drie daagse besoek aan Benin.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP