Politieke spanning steeds hoog in Zim
2011-10-01 14:45
Harare – 'n Menseregte-navorsingsgroep sê politieke spanning in Zimbabwe bly steeds baie hoog voor die beplande verkiesings in die land.
Volgens die Zimbabwe Peace Project is meer as 20 menseregteskendings daagliks oor 'n tydperk van vier weke aangemeld.
Dié groep sê in sy nuusbrief ondersteuners van president Robert Mugabe se Zanu PF-party word daarvan
verdink dat hulle aan die voorpunt is van politieke geweld teen
teenstanders.
Dít word glo vererger deur inligting van die webwerf, WikiLeaks, wat aanvoer dat die land se koalisie, wat reeds 30 maande bestaan, diep verdeeld is.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter