Polisiekantoor in Nigerië aangeval
2012-01-30 14:00
Kano – Gewapende mans het 'n polisiekantoor in Kano, Nigerië, aangeval waarna 'n skietgeveg met die polisie ontstaan het, het inwoners gesê.
Dit is die tweede keer in drie wat 'n aanval op die Mandawari-polisiekantoor in Kano, die land se tweede grootste stad, uitgevoer word.
Die Islamitiese sekte Boko Haram word vir die aanvalle blameer.
"Dit was mal. Die ouens het op motorfietse gekom en op die polisiekantoor geskiet, maar die polisie het teruggevuur. Dit het sowat 20 minute geduur," het Jamilu Muhammad, wat oorkant die polisiekantoor woon, gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP