Polisiebeamptes in Egipte doodgeskiet
2011-06-22 12:48
El-Arish – Twee polisiebeamptes is dood en twee ander beseer toe onbekende aanvallers op 'n patrollie in die noorde van Sinai in Egipte losgebrand het, het sekuriteitbeamptes gesê.
Volgens die beamptes het die skietery vroeg Woensdagoggend plaasgevind. Die gewapende mans het op die twee polisievoertuie in el-Arish begin skiet.
Die amptenare het op voorwaarde van anonimiteit gepraat, aangesien hulle nie met die media mag praat nie.
Sekuriteit in die noorde van Sinai het die afgelope paar maande agteruitgegaan, met mensehandel na Israel wat ‘n groot uitdaging vir die polisie bied.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP