Polisie bevry 21 Ugandese seksslawe

2011-10-18 13:53
Tweets Share Share line Print

Kuala Lampur – Altesaam 21 Ugandese vroue is gered van 'n sindikaat wat hulle gedwing het om prostitute te word, het die Maleisiese polisie gesê.

Dis die eerste sindikaat van sy soort in Maleisië wat slagoffers uit Afrika betrek.

Die vroue is Vrydag uit woonstelle in ‘n gebou net buite Kuala Lampur, die hoofstad, bevry, het die Federale Misdaad-ondersoekeenheid in ‘n verklaring gesê.

Die vroue, tussen die ouderdomme van 19 en 42, is na Maleisië gelok met beloftes van werk as skoonmakers in huise en hotelle. Pleks daarvan is die vroue gedwing om as prostitute te werk om hulle reiskostes af te betaal.

“Die slagoffers is fisiek en geestelik gedreig as hulle sou probeer weghardloop en by die owerhede kla,” luidens die verklaring.

Volgens die verklaring is al die vroue van Uganda, via China, na Maleisië geneem.

As hulle seks geweier het, is hulle geslaan en verkrag, het ‘n polisiebeampte gesê.

“Dit is die eerste keer wat ons so ‘n groot hoeveelheid Afrikane het,” het die beampte gesê. Hy wou nie sy naam bekend maak nie omdat hy nie toestemming gehad het om met die media te praat nie.

Hy het bygevoeg dat daar al voorheen gevalle was met individuele prostitute van Afrika, maar nog nooit ‘n groot groep nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Sapa - AFP

Lees meer oor: uganda  |  maleisië  |  prostitusie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... Penelope, jy moet daarom besef, Suid-Afrika is in die proses om 'n provinsie van Sjina te word... Een van die dae sal Mandaryns ook as 'n skoolvat bygevoeg word ... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.