Pole bied asiel aan 16 Afrika-vlugtelinge
2011-06-17 17:10
Warskou – Pole het asiel aan 16 Christen-vlugtelinge gebied wat die minister van buitelandse sake, Radek Skorski, op ‘n vlug terug van Tunisië vergesel het.
Die minister het die ses volwassenes en 10 kinders Vrydag beskryf as politieke vlugtelinge van Eritrea en Nigerië wie se lewens deur onrus in Noord-Afrika omver gegooi is.
Die besluit word beskryf as ‘n teken van simboliese ondersteuning vir Christen minderheidsgroepe in die streek.
Sikorski het in die middel van die nag in Warskou geland saam met die vlugtelinge ná ‘n besoek aan Tunisië.
Volgens die ministerie het die vlugtelinge uit hul tuislande gevlug en asiel in Libië en gevolglik in Tunisië gevind.
Pole het hulle ook asiel gebied om Tunisië, wat sukkel om die stygende getal vlugtelinge uit die burgeroorlog in Libië te hanteer, te help.
Volg Nuus24 op Twitter