Petrolstaking verlam Nigerië
2012-01-10 09:07
Lagos – Die landwye staking teen stygende brandstofpryse het Nigerië Maandag verlam terwyl tienduisende betogers na die strate opgeruk het om te betoog teen staatskorrupsie.
Een mens is in ’n polisie-skietery in Lagos dood en vier gewond en twee mense is in ’n soortgelyke voorval in die noordelike stad Kano dood.
Die betogings was grootliks vreedsaam, maar bande en rommel is in sommige gevalle aan die brand gesteek.
Vakbonde het die staking uitgeroep nadat pres. Goodluck Jonathan op 1 Januarie subsidies op brandstof, wat die pryse laag gehou het, opgehef het. Die prys het daarna oornag verdubbel.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– Sapa-AP
- Die Burger