Personeel van Libië se Londense ambassade geskors
2011-07-27 18:25
Londen – Die oorblywende personeel van die Libiese ambassade in Londen is deur Britse owerhede afgedank nadat William Hague, die minister van buitelandse sake, die Britse erkenning van die Libiese rebelle aangekondig het, berig The Telegraph.
“Die premier en ek het besluit dat Brittanje die Nasionale Oorgangsraad van Libië erken as die enigste regeringsowerheid in Libië en sake slegs met dié raad sal hanteer,” het Hague tydens ‘n konferensie in Londen gesê.
“Volgens die besluit het ons die Libiese saakgelastigde by die buitelandse kantoor ingelig daarvan en gesê dat hy en ander regeringsdiplomate van die Gaddafi-regime die land moet verlaat.”
“Ons erken hulle nie meer as die verteenwoordigers van die Libiese regering nie.”
– Kliek hier vir die volledige artikel.
– Volg Nuus24 op Twitter.