Passasier sterf tydens vlug
2010-08-30 19:47
Atlanta – Volgens Delta Airlines is ‘n passasier aan boord ‘n vlug van Lagos, Nigerië na Atlanta dood aangetref.
Volgens Susan Elliott, woordvoerder vir Delta, werk die lugredery met mediese owerhede om die feite van die voorval vas te stel.
Elliott sê die passasier het vroeg Maandagoggend tydens die vlug nie gereageer nie.
Volgens Elliott is die passasier sowat een uur buite Atlanta in dié toestand aangetref. Dit het sowat elf ure nadat hulle opgestyg het, gebeur.
Otis Redmond, polisiewoordvoerder in Atlanta, sê geen gemene spel word vermoed nie.
Delta sê hulle kan nie die identiteit van die passasier bekendmaak nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP