Parys sê Gaddafi is gereed om oor te gee
2011-07-12 16:20
Parys – Die Franse minister van buitelandse sake het gesê Parys het kontak met gesante van Muammar Gaddafi, die Libiese leier, gehad wat sê die beleërde leier is “reg om te gaan.”
Alain Juppe het Dinsdag gesê al beteken die kontak nie noodwendig dat onderhandeling plaasvind nie, “het almal wat by die Libiese burgeroorlog betrokke is, kontak met almal.”
“Die Libiese regime stuur sy boodskappers oral heen – van Turkye tot by New York en Parys,” het Juppe gesê.
“Ons het gesante ontmoet wat gesê het Gaddafi is 'gereed om te gaan. Laat ons dit bespreek'.”
Die Franse departement van buitelandse sake het Maandag egter ontken dat enige onderhandeling met Gaddafi besig is om plaas te vind.
Frankryk is deel van die Navo-veldtog teen Gaddafi-magte en het ‘n beroep op Gaddafi gedoen om sy amp neer te lê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP