Padongeluk eis 25 lewens
2010-04-15 09:29
Harare – Minstens 25 mense is dood en talle beseer nadat ‘n bus teen ‘n vragmotor gebots en aan die brand geslaan het, het ‘n Zimbabwiese nuusagentskap gesê.
Die ongeluk het sowat 126km noord van Harare gebeur.
Volgens die New Ziana-agentskap is 25 mense, hoofsaaklik van Zambië, dood en meer as 30 ander is beseer toe die bus waarin hul gery het teen ‘n vragmotor gebots het.
Volgens die polisie het die bus, wat vanaf Zambië gery het, teen ‘n aankomende vragmotor gebots nadat die bus probeer het om ‘n voertuig verby te steek.
- Sapa-AFP