Oxfam onttrek personeel uit Suid-Soedan
2011-11-14 15:51
Kartoem – Oxfam, die Britse noodlenigingsgroep, het Sondag gesê 22 personeellede word uit die Suid-Soedannese grensstreek aan die noorde onttrek nadat gevegte in die omgewing gerapporteer is.
Die grenslyn word betwis sedert Suid-Soedan in Julie sy onafhanklikheid gekry het.
Suid-Soedan en die Verenigde Nasies het Donderdag vir Soedan daarvan beskuldig dat hy ‘n vlugtelingskamp in die Unity-staat aangeval het. Juba het ook gesê dat Kartoem ‘n aanval op die Upper Nile-staat op dieselfde dag geloods het.
Soedan het beide beskuldigings ontken.
Oxfam het gesê dat hy sy 22 personeellede van die Bo-Nyl-staat onttrek, waar die groep skoon water aan sowat 64 000 mense verskaf het.
“Oxfam-personeel in daardie omgewing het bomaanvalle en swaar wapenaanvalle wat vir ure geduur het, Vrydag gerapporteer. Hulle het gesien hoe vliegtuie rondvlieg en dat al hoe meer Suid-Soedannese troepe in die omgewing te sien is,” het Oxfam in ‘n verklaring gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters