'Ouattara hou hom blind vir misdade'
2011-05-26 08:36
Londen - Amnestie Internasionaal, ‘n menseregtegroep, het Woensdag vir Alassane Ouattara, die president van die Ivoorkus, daarvan beskuldig dat hy hom blind hou vir die dodelike aanvalle teen ondersteuners van Laurent Gbagbo, die vorige president van die land.
Volgens die groep word daar steeds weerwraak gepleeg teenoor Gbagbo se ondersteuners meer as ses weke nadat Ouattara mag verkry het met die belofte van versoening.
“Die menseregte van vermeende en ware ondersteuners van Gbagbo word steeds geskend in Abidjan en in die weste van die land,” het Gaetan Mootoo, ‘n navorser by Amnestie Internasionaal in Wes-Afrika, gesê.
“Die feit dat Alassane Ouattara versuim om hierdie dade te veroordeel word as die groen lig gesien deur talle van sy sekuriteitswagte en ander gewapende magte om aan te hou met dié aanvalle.”
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP