'Orals bloed' ná bom in Mogadisjoe

2011-11-23 10:12
Tweets Share Share line Print

Mogadisjoe – Altesaam 10 mense is Dinsdag dood in ‘n bomontploffing langs ‘n besige straat in Mogadisjoe, die Somaliese hoofstad, het die polisie en ooggetuies gesê.

“Daar was Dinsdagmiddag ‘n groot ontploffing in Wadajir. Die bom was langs die pad en ons hoor dat meer as tien mense in die ontploffing dood is,” het Abid Omar, ‘n Somaliese polisiebeampte, gesê.

“Ons probeer nog vasstel wie geteiken is, maar al die slagoffers was burgerlikes,” het hy gesê. ‘n Aantal mense is ook tydens die voorval beseer.

Volgens ooggetuies is daar ook kinders onder die slagoffers van die ontploffing, wat naby Jaygastraat gebeur het.

“Dit was ‘n verskriklike aanval. Ek het die lyke van minstens nege burgerlikes, insluitend kinders, gesien. Daar is orals bloed,” het Sadiq Mohamed, ‘n ooggetuie, gesê.

Intussen is drie burgerlikes in die suide van Somalië naby die grens met Kenia dood in ‘n lugaanval in Shebaab-beheerde omgewings.

“Twee militêre vliegtuie het die Yagle-dorp gebombardeer. Drie burgerlikes is dood en talle ander beseer,” het Moalim Abdulahi Mumin, ‘n stamleier in El Wak, ‘n stad op die grens tussen Somalië en Kenia, gesê.

“Die vliegtuie het talle bomme afgevuur. Twee van die bomme het ‘n put getref waar nomades water vir hulle vee gekry het. Die meeste van die slagoffers was burgerlikes,” het Mumin gesê.

Sheikh Ibrahim Mohamed, ‘n streeksbevelvoerder van die al-Shebaab-rebelle, het die aanvalle bevestig.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- AFP

Lees meer oor: somalië  |  al-shabaab  |  bomaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... Penelope, jy moet daarom besef, Suid-Afrika is in die proses om 'n provinsie van Sjina te word... Een van die dae sal Mandaryns ook as 'n skoolvat bygevoeg word ... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

NISSAN

Almera 160 Luxury
2005
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.