Opposisiepartye in Togo vrees bedrog
2010-03-05 11:47
Lomè - Opposisiepartye in Togo beweer daar was onreëlmatighede in die onlangse presidensiële verkiesing, berig die BBC.
Togo het Donderdag ‘n nuwe president verkies, vyf jaar nadat honderde mense tydens die vorige verkiesing doodgemaak is.
President Faure Gnassingbe het homself vir die tweede keer verkiesbaar gestel.
Sy hoof-opponent in vanjaar se verkiesing was Jean Pierre Fabre van die Union of Forces for Change (UFC).
Al die betrokke partye het klem daarop gelê dat die jaar se verkiesing vreedsaam moet verloop. Daar word nog op die uitslae gewag.
Die UFC het egter ‘n paar aspekte van die stemproses uitgewys wat volgens hulle elemente van bedrog dra.
Kliek hier vir die volledige berig.