Opposisie-leier in DRK se TV-kanaal gesluit
2011-07-14 12:52
Kinshasha – Die Demokratiese Republiek van die Kongo se minister van inligting het gesê hy het sy toestemming verleen vir die sluiting van 'n televisiestasie wat deur ‘n opposisiefiguur besit word omdat die programme ‘n bedreiging vir die openbare orde is.
Lambert Mende het gesê Radiodiffusion Lisanga Television het geweld aangehits.
Die stasie word deur Roger Lumbala besit. Hy is 'n opposisieleier en voormalige rebel wie se party teen Joseph Kabila, die huidige president, in hierdie jaar se presidensiële verkiesing te staan sal kom.
‘n Woordvoerder vir Lumbala se party het gesê die sluiting van die stasie is 'n skending van die grondwet.
Die DRK het sowat 50 televisiekanale, honderde radiostasies en byna 200 koerante. Die land gaan later vanjaar ‘n nasionale verkiesing hê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP