Oos-Afrika trek swaar aan voedselkrisis
2011-06-09 17:38
Kaapstad - Oos-Afrika stuur luidens berigte af op die grootste voedselkrisis in die wêreld, berig RSG.
Volgens 'n Amerikaanse organisasie, die Famine Early Warning System Network, word Kenia en Ethiopië die swaarste getref.
'n Verslag toon dat minstens sewe miljoen mense dringend voedselhulp benodig.
Die gebied beleef sy droogste tydperk sedert 1995.
Daar was die afgelope maande verskeie betogings in Uganda en Kenia, waar burgers laer voedsel- en brandstofbelasting eis.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- RSG